Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

13 on Main

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 13, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 433 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

13 on Main is 'n hoofhuis en woonstelletjie wat net 'n minuut se stap vanaf Yzerfontein se hoofstrand is en dit is net een van die voordele wanneer jy 'n wegbreek met die gesin of 'n groep vriende hier bespreek. Die grootste trekpleister van hierdie nuut-opgeknapte vakansiehuis is sy groot stoep met 'n uitsig oor die oseaan en die bekende Meeurots in Yzerfontein se baai.

Die hoofhuis is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers op die boonste verdieping. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die derde badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring.

Die hoofleefarea op die boonste verdieping het 'n oopplan-ontwerp met 'n mooi uitsig oor die see en 'n sit- en eetarea, asook 'n aparte kombuis en 'n TV-kamer. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus. 'n Wasmasjien is ook in die aparte opwaskamer beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 14 gaste.

Die woonstelletjie op die grondverdieping het slaapplek vir 4 gaste en het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort, asook 'n leefarea met 'n sitarea en 'n kombuis. Die kombuis is volledig met stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en yskas toegerus. dit het ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Onbeperkte WiFi word voorsien, maar gaste moet hul eie DStv- en Netflix-intekenbesonderhede saambring.

Die leefarea op die boonste verdieping bied toegang tot 'n groot stoep met 'n ingeboude braai, 'n buite-etenstafel, asook sonstoele waar gaste kan ontspan en die see-uitsig geniet.

Let asb. dat die woonstelletjie slegs toegang tot die boonste stoep het indien hulle saam met die hoofhuis bespreek het.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir 13 on Main
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Mariaan Geverifieer

Eiendomme 43

Resensies 330

Jaar gelys 11

Ligging

  • Hoofweg 13, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink 13 on Main het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 433
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 433
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 13, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA18c7265cd0305ae2e7a3ab8cf16f4f3f3fe11dfbaf3ae96d62608cb4b5524eeee62f135d460c379df26b8356b77439554975?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 433 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 13 Main Road Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.344867270574 18.160557862318
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem