Rynfield AH Akkommodasie by 32 Delheim | LekkeSlaap
+9

32 Delheim

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Steyn-weg, 32 Delheim, Rynfield, Benoni, 1511, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

32 Delheim bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel op die eerste verdieping van 'n veilige kompleks aan die buitewyke van Rynveld in Benoni.

Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het. Daar is 1 badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Daar is ook 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Elke kamer het matte. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolf en wasmasjien toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met stoele en die sitarea het 'n slim-TV met DStv en Netflix. WiFi is beskikbaar.

Die woonstel het 'n toe balkon met sitplek en daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en ekstra oop parkeerplek vir 1 voertuig. Die kompleks het 24 uur-gewapende reaksie en alle vensters en deure in die woonstel het Maxidor-hekke.

32 Delheim is 11,7 km vanaf die East Rand Mall en 15,9 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Dié ligging bied maklike toegang tot die R21, N12 en N3. Die eienaar woon onder in woonstel nommer 31.

Slaapplek

’n Bespreking by 32 Delheim sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans
  • Duits
  • Grieks

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • President Steyn-weg, 32 Delheim, Rynfield, Benoni, 1511, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (plek vir 4)
Vanaf R650
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Steyn-weg, 32 Delheim, Rynfield, Benoni, 1511, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3072eb7b218b74ea2d2b58f77e81685cba95c851270932c45e8127555fccaaa9cb2fdbaca7c20a1d855becdc5ef06bf85a3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 4) President Steyn Road 32 Delheim, Rynfield 1511 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.141164608181 28.318428097653
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za