3Liebeloft Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

3Liebeloft Guest House is 'n intieme 3-ster-onderneming wat oordeelkundige reisigers die heel beste en luukse akkommodasie bied, terwyl persoonlike kliëntediens en hotelgeriewe ingesluit is. 3Liebeloft Guest House se etos is gebaseer op styl, gehalte, noukeurigheid en uitstekende kliëntediens.

Die lieflike atmosfeer en gehalte-afwerkings en aandag aan detail onderskei dié gastehuis van ander. Dit bied ons gaste gemaklike, stylvolle en moderne akkommodasie in ons gerieflike kamers met en suite-badkamers.

Ons glo daarin om ons gaste die privaatheid te bied wat hulle by die huis geniet met vriendelike, hulpvaardige diens wat nie opdringerig is nie. Die veiligheid en sekuriteit van ons gaste is vir ons van die allergrootste belang - ons neem elke voorsorgmaatreël om jou veilig en op jou gemak te laat voel tydens jou verblyf by ons.

3Liebeloft Guest House bied maklike toegang tot Midrand, Sandton, Johannesburg en Pretoria via drie hoofweë - R24, N1/N3 en N12. Ons is ook gerieflik geleë om die omliggende industriële gebiede, soos Sebenza en Isando te bereik. Dit is net 10 km van die OR Tambo Internasionale Lughawe af - dit is gerieflik vir iemand wat in die vroeë oggendure of laat in die aand op die lughawe moet wees.

Ons is trots op professionele diens en gasvryheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 3Liebeloft Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za