- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 19 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Colbynstraat 3, Colbyn, Pretoria, 0183, Gauteng
- Vanaf R910 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
3 @ Marion Guesthouse is 'n pragtige, kalm toevlugsoord met 'n ideale ligging in Colbynstraat in een van Pretoria se rustigste woonbuurte. Dié gastehuis se ligging is ideaal vir sakelui en vakansiegangers en bied maklike toegang tot die N1 en die N4, wat dit ook ideaal maak vir reisigers wat op pad is na die Krugerwildtuin.
Elke kamer is gerieflik gemeubileer en toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, kluis, haardroër, gratis WiFi-toegang en 'n TV met DStv. 'n Ontbyt, middagetepakkies en fynproewerspiekniekmandjies is beskikbaar op versoek.
Ons is hier om fantastiese diens en 'n perfekte ligging te bied. Ontspan gerus in die welige tuin of op die gerieflike leerbank langs die kaggel. Die gastehuis het ook 'n volledige kroeg en braai-area. 'n Wasgoed- en strykdiens is beskikbaar op versoek en ons sal jou graag bystaan met toeriste-inligting, uitstappies, motorhuur, besprekings en vervoer na die lughawe en die Gautrain. Spa-behandelings kan bespreek word op versoek.
3 @ Marion Guesthouse het 'n stil konferensielokaal met 'n uitsig oor die tuin en is ideaal vir vergaderings en opleidingsessies. 16 afgevaardigdes kan geakkommodeer word met 'n raadsaal-uitleg en daar is plek vir 25 as die lokaal soos 'n klaskamer ingerig word. 3@Marion is ook ideaal vir ooievaarstees en kombuistees - ons is mal daaroor om partytjies te reël.
3 @ Marion Guesthouse sal jy so tuis voel soos by jou eie huis terwyl jy vergaderings hou, die besienswaardighede besoek, en alles tussen in verken. Die Uniegebou, botaniese tuin en Colbyn Oefenbof is op ons drumpel en OR Tambo Internasionale Lughawe is net 30 minute se ry van ons af.
Kenmerke
Geriewe
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Susan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 26
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Colbynstraat 3, Colbyn, Pretoria, 0183, Gauteng
- Gaste dink 3 @ Marion Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Colbyn Pretoria SSB Pretoria Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 19 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Colbynstraat 3, Colbyn, Pretoria, 0183, Gauteng