Durbanville Akkommodasie by 4 Bolandweg | LekkeSlaap
+17
+17

4 Bolandweg

  • Vanaf R570 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bolandweg 4, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18

Beskrywing

4 Bolandweg is 'n gerieflike selfsorgwoonstel in Durbanville, 'n voorstad van Kaapstad. Dis ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en gaste wat Durbanville Mediclinic (1 km) en CapeGate Mediclinic (5 km) vir besoek.

Dié eenheid grens aan die hoofhuis, maar het 'n privaat ingang. Dis op die grondvloer en by die ingang is slegs 2 klein trappies. Dit beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamertjie met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die sitarea het 'n TV met die volledige DStv-pakket, asook 'n etenstafel. Die kombuise is toegerus met 'n yskas, wasmasjien, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, broodrooster, ketel en eetgerei.

Ekstra geriewe in die eenheid sluit 2 plafonwaaiers, 'n luukse donsveerduvet, 2 elektriese komberse en 'n brandkluisie in. Daar is 'n braai met sitplek buite. Gehaltelinne, handdoeke en seep word voorsien.

Die eenheid bied veilige onderdakparkeerplek vir 2 voertuie en/of 'n sleepwaentjie agter 'n afstandbeheerhek. Die parkeerplek is slegs vir die eenheid bedoel en geen ander gaste het toegang tot die parkeerplek nie.

Interaksie met gaste word tot die minimum beperk, maar, aangesien die eienaar op die perseel woonagtig is, sal bystand en ondersteuning enige tyd beskikbaar wees. Tee en koffie vir die eerste 2 dae word voorsien. Linne en handdoeke sal na 1 week vervang word.

Van die vernaamste besienswaardighede in en om die Skiereiland is maklik bereikbaar. Durbanville se golfbaan is van die beste in die Wes-Kaap. Die golfbaan beskik oor 18 putjies, is 6000 m lank en is slegs 2 km van die eenheid af. Groot winkelsentrums soos Graanendal is 2 km ver, Cape Gate is 5 km ver en Tygervallei is ook naby. Restaurante en winkels in die hoofstraat is amper binne loopafstand. Gaste kan vertonings by teaters soos Barnyard en Die Boer bywoon. Fisantekraal-aanloopbaan vir klein vliegtuie is 14 km noord waar "Microlight Scenic Flights" aangebied word.

Die afstand vanaf Kaapstadse Internasionale Lughawe, via die R300, is 34 km. Tygerberg Natuurreservaat is ook in die omgewing en beslaan 309 hektaar, gevestig op koppies wat 'n pragtige 360 grade uitsig oor Kaapstad bied. Melkbosstrand en Bloubergstrand is, buite spitstyd, 40 minute ver (27 km). Durbanville Rosetuin is 'n besoek werd en die bekende wynroetes na plase soos Altydgedacht, Nitida, Boemendal en Meerendal ens. is uiters gesog. Nege van hierdie wynlandgoedere lê tussen die pragtige Tygerbergkoppe, wat 'n groot verskeidenheid wyne produseer en wat van die beste in die land is.

Slaapplek

’n Bespreking by 4 Bolandweg sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 17 resensies vir 4 Bolandweg
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Bolandweg 4, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink 4 Bolandweg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R570
per nag (plek vir 2)
Vanaf R570
per nag (plek vir 2)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R570
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bolandweg 4, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2bZsra0JKend7sljIPWmeFsmNU3U924nA7oZvpUhMY01gKnSdP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R570  per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 4 Boland Way Durbanville 7550 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.821467699236 18.664482999953
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za