40 Montage Village

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

40 Montage Village is in die Montage Village-kompleks geleë. Dit bied 'n uitsig oor die kompleks se eie voëlreservaat wat met 'n ryk voëllewe spog. Daar is ook uitsigte oor die reservaat, duine en op die Outeniekwaberge.

Die huis het 4 slaapkamers met slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer bo het 'n koninggrootte-bed, volledige en suite-badkamer en kombuisie vir oggendtee. Die boonste verdieping beskik ook oor 'n TV en 'n balkon wat uitkyk oor die voëlreservaat. Die 3 slaapkamers op die onderste verdieping deel 'n volledige badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en lei na die patio. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en bied toegang tot die tuin. Die derde slaapkamer het 'n dubbel-futonbed. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf en 'n yskas-vrieskas. Die oopplan-leefarea lei na 'n stoep en die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler en 'n kaggel vir koue wintersnagte.

Die patio bied 'n lieflike uitsig oor die sonsondergang en 'n buitebraai. Verder is daar 'n motorhuis met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n yskassie.

Sedgefield is in die hartjie van die Tuinroete, naby Wildernis Nasionale Park, Swartvlei-strandmeer, Goukama Natuurreservaat en heelwat strande. 40 Montage Village is 30 minute se ry vanaf die George Lughawe wat direk met Kaapstad, Johannesburg, Durban en Bloemfontein se lughawens verbind is.

Slaapplek

'n Bespreking by 40 Montage Village sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 40 Montage Village gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false