5 on Penny Self-catering, Durbanville
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pennystraat 5, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 14
- Vanaf R470 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
5 on Penny is in Vierlanden, Durbanville geleë en bied gehalteverblyf, ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en gaste op soek na verblyf naby hospitale en skole. Dis in 'n veilige, stil buurt op die grens van Durbanville se wynlande. Die Botterblom Natuurreservaat is binne loopafstand van die eiendom af en daar is verskeie goeie restaurante in nabye omgewing. Die eiendom het elektriese omheining en 'n alarmstelsel.
Die Xino-kamer beskik oor 'n privaat ingang met 24 uur toegang, 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kamer lei na die tuin en swembad en het 'n platskerm-TV met volledige DStv, lugversorging, plafonwaaier, elektriese komberse, gratis WiFi en 'n werkstasie vir jou rekenaar of om jou ete by te geniet. Daar is ook 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe.
Die tweede en kleiner kamer is die Zizi-kamer en is ideaal vir sakereisigers, 2 tieners wat saam met hul ouers reis, of 2 volwassenes wat op soek is na oornagverblyf. Die kamer lei na die tuin en swembad en het n dubbelbed en 'n en suite-stortkamer en 'n privaat ingang met 24 uur-toegang. Daar is lugversorging, 'n platskerm-TV met DStv, gratis WiFi, 'n kombuisie met koffiegeriewe, eetgerei, mikrogolf en 'n yskassie.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad, 'n lapa met gas- en houtbraaigeriewe en oorgenoeg sitplek vir lekker kuier en ontspan. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die gemeenskaplike area en tuin het 'n elektriese omheining en 'n alarmstelsel wat die kamers beveilig.
Ontbyt is op versoek teen ekstra koste beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Pennystraat 5, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink 5 on Penny Self-catering, Durbanville het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pennystraat 5, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 14