Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Davidson Place

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Davidson-straat 52, Fairland, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Vanaf R680 R510 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Davidson Place is op die eienaar se perseel in Fairland, Johannesburg. Die perseel is sowat 6 km van die Cresta-winkelsentrum en Clearwater Mall af.

Die woonstel het lugversorging en bied 'n aparte ingang. Dit beskik oor 1 slaapkamer met 'n bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die oopplan-kombuisie het basiese verhit-en-eetgeriewe, soos 'n yskas, mikrogolfoond, 'n ketel en 'n broodrooster. Die sitarea langsaan het 'n slaapbank vir 'n derde gas. Die leefarea bied toegang tot 'n stoep. Daar is 'n aparte braai-area en die woonstel het gratis WiFi en 'n TV met volledige DStv-kanale.

Die Log Cabin het lugversorging en bied 'n aparte ingang. Daar is 2 slaapkamers, waarvan 1 kamer 'n dubbelbed en 1 kamer 'n enkelbed het. Die aparte badkamer het 'n toilet, wasbak, bad en 'n stort. Die sitarea en die kombuis is oopplan. Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolf, yskas en 'n ketel toegerus. Die sitarea het 'n slaapbank, 'n TV met DStv en Netflix, sowel as gratis WiFi. Die huis het ook 'n stoep en 'n toegewese motorafdak.

Albei eenhede het 'n aangewese parkeerarea en gaste het toegang tot die gemeenskaplike braaigeriewe en die swembad. Die eenhede kan daagliks skoongemaak word en wasgoed kan op versoek gewas word. Beide eenhede is gekoppel aan die eiendom se sonkragstelsel sodat ligte, TV en WiFi tydens beurtkrag gebruik kan word. Geen hittegenererende toestelle of lugversorging kan tydens beurtkrag gebruik word nie.

52 on Davidson het die perfekte ligging sowat 13 tot 15 km van The Dome in Northgate, Randpark-gholfklub, 30 km van Lanseria Internasionale Lughawe af en 800 m vanaf die Mosaic Lifestyle Centre.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 89 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Annelie D
Saam met vriende
5.0
Fantastiese diens. Altyd baie vriendelike diens en veilige omgewing. Dankie, julle is tops. Dankie ook vir al die hulp.
Sep 2024
Tiaan G
Saam met lewensmaat
5.0
Superb. No problems. The stay was enjoyable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Lee D
Besigheidsreis
5.0
Kan aanbeveel. Gerieflik, skoon. Alles wat ons nodig gehad het. Beskuit, koffie, cappuccino en melk was welkom gewees, al was dit selfsorg. Groot badh...
Sien meer
Jul 2024
Nado Patience G
Saam met lewensmaat
5.0
Great, all to go back soon. Enjoyable and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Johan B
Saam met lewensmaat
5.0
Gastevrou was vriendelik en behulpsaam. Eenheid was ruim en het oor alle geriewe. Uitstekende verblyf. Veilige parkering. Kan aanbeveel.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lesley Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 89

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Davidson-straat 52, Fairland, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Gaste dink Davidson Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R680
R680 R510
per nag (plek vir 3)
Vanaf R680
R680 R510
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Davidson-straat 52, Fairland, Johannesburg, 2195, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2MrdHcGN3x4T043OccRfwiCDFtAVK2VxF2tm7OTIrLnjMvMW5E?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R680 nouVanaf R510 per nag (plek vir 3) 89 5 1 5 52 Davidson Street Fairland 2195 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -26.1504 27.93815

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang