6 Atlantic Shores

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Beskrywing

6 Atlantic Shores is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand, 'n Kaapse buurt met 'n pragtige uitsig op Tafelberg en die ideale bestemming vanwaar besoekers die stad en sy omliggende areas kan verken. Blouberg se goue strand is perfek vir watersportsoorte soos seilplankry en vlieërbranderry. Ander doendinge en geriewe soos vierwielmotorfietsry, voetslaanroetes, winkels en eetplekke is alles lekker naby.

Dié woonstel het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n platskerm-TV, koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié twee slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n oop en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die waskamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 mense om die tafel en die sitkamer het 'n platskerm-TV met volledige DStv. Gratis WiFi word voorsien.

Die leefarea bied toegang tot 'n balkon met 'n buitetafel met sitplek vir 6 mense, 2 sonstoele, 'n ingeboude braai en 'n see-uitsig. Die veilige kompleks het 2 parkeerplekke in 'n motorhuis en gemeenskaplike parkeerplek is beskikbaar vir besoekers.

Slaapplek

'n Bespreking by 6 Atlantic Shores sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 6 Atlantic Shores gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 270 R2 616 per nag (plek vir 8)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za