7 Clionella

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 13 Jan 2020 tot 29 Feb 2020.

Beskrywing

7 Clionella is 'n lieflike ateljee-woonstel vir 4 in 'n seefront-kompleks in Voorbaai, Mosselbaai.

Dié oopplan-woonstel is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. 'n En suite-badkamer met 'n stort is beskikbaar en linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n 4-plaatstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Verder is daar 'n wasmasjien en tuimeldroër.

Die eenheid het 'n TV met DStv en gratis WiFi is beskikbaar. Daar is 'n balkon met 'n uitsig oor die swembad en gedeeltelik oor die see. 'n Gasbraai is ook beskikbaar. Rook is verbode in die woonstel en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Gaste kan in die tuin ontspan en van die gemeenskaplike swembad gebruik maak. Veilige parkeerplek word voorsien en parkeerplek vir besoekers en sleepwaens is ook beskikbaar. Die kompleks het 'n klubhuis met 'n pooltafel, tafeltennistafel, 'n muurbalbaan en braaigeriewe buite.

Die kompleks is naby die strand en is 250 m van die Diaz-waterpark en verskeie restaurante af. Mosselbaai bied verskillende doendinge soos branderplankry, visvang, sonsondergangsvaarte, 4x4, bergfietsry, staproetes, valskermspring en sandplankry. Gaste kan die Kaapse St Blaise-vuurtoring, die Garden Route Casino, die Bartolomeus Dias Skeepvaartmuseum of die Langeberg Mall besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by 7 Clionella sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderstapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 7 Clionella gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R795 R676 per nag (vir 4 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 13 Jan 2020 tot 29 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za