74 on Marine Unit 401 - HC4

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

74 on Marine Unit 401 is 'n selfsorgwoonstel in 'n kompleks in die middel van Hermanus. Dié gewilde vakansiedorp aan die suidkus van die Wes-Kaap is wêreldbekend vir fantastiese walviskyk-geleenthede vanaf die land en vanaf 'n boot. Hermanus se natuurskoon, matige klimaat, buite-doendinge, blommeprag en afstand vanaf Kaapstad maak dit die ideale plek vanwaar die Kaapse Overberg verken kan word.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, lei na 'n balkon en het 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, toegang tot 'n balkon en 'n volledige en suite-badkamer. Die derde slaapkamer, wat ook as 'n kantoor kan dien, het 'n dubbelslaapbank en 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer lei ook na 'n balkon met 'n Jacuzzi.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste, terwyl die sitkamer 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale het. Die leefarea lei na 'n balkon met gasbraai-geriewe en pragtige uitsigte oor die see.

Slaapplek

'n Bespreking by 74 on Marine Unit 401 - HC4 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 74 On Marine Unit 401 - HC4 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za