75 Beach Road, Gordon's Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

75 Beach Road, Gordon's Bay bied gerieflike akkommodasie in 2 selfsorg-woonstelle teen die strandfront in Gordonsbaai. Die woonstelle spog met die mooiste uitsigte oor Valsbaai en is boonop binne stapafstand van die strand, plaaslike kroeë en restaurante af.

Woonstel A is op die onderste verdieping geleë en het 2 en suite-badkamers met 'n oopplan-eetkamer, -sitkamer en -kombuisie. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en maak op 'n stoep oop. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die oopplan-kombuisie het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, ketel en broodrooster. Daar is 'n TV met DStv en 'n DVD-speler in die oopplan-sitkamer. Al die linne vir die beddens en handdoeke word voorsien. Gaste het toegang tot braaigeriewe.

Woonstel B is 'n oopplan-eenheid op die eerste verdieping met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens in die eetarea. Daar is ook 'n badkamer met 'n bad en stort, eetarea, sitarea en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, oond en 'n stoof. Die stoep het braaigeriewe. 'n TV met DStv en 'n DVD-speler is beskikbaar. Al die linne vir die beddens en handdoeke word voorsien.

Dié prentjiemooi hawedorpie spog met die mooiste strande en is die perfekte wegbreekplek vir 'n seevakansie. Gordonsbaai bestaan uit 'n ou dorpie wat om die ou hawe gevorm het, Bikini Beach, die hange van die Hottentots-Hollandberge en woonbuurte nader aan die hoofstrand. Plaaslike besienswaardighede in Gordonsbaai sluit in: Bikini Beach, Boland Voetslaanroete, Somerset Winkelsentrum en Streenbraskloof. Helderberg se wynstreek is ook naby aan Gordonsbaai geleë. Somerset-Wes is omtrent 15 km van die dorpie af en die Moederstad sowat 58 km.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 75 Beach Road, Gordon\'s Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za