83 Dassen Island

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

83 Dassen Island bied bekoorlike selfsorgverblyf met see-uitsigte in die hawedorpie Yzerfontein. Die huis staan op 'n heuwel met 'n uitsig oor Dasseneiland en is net 150 m van die see af. Op 'n helder dag kan 'n mens Tafelberg sien en gedurende die lente baljaar die walvisse in die see.

83 Dassen Island het 2 slaapkamers: die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en see-uitsigte, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort. Die leefarea het DStv en 'n DVD-speler. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en daar is 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof.

Die hoofslaapkamer en woonkamer lei na 'n stoep met 'n tafel, stoele, sambreel en 'n see-uitsig. Ontspan gerus op die stoep en kyk hoe die vissersbote na Dasseneiland vaar of hoe die son luisterryk sak. Daar is ook braaigeriewe en sitplek in die privaat agterplaas.

Yzerfontein aan Suid-Afrika se pragtige Weskus geleë, sowat 80 km van Kaapstad af. Hierdie kusdorpie het pragtige strande, seisoenale veldblomme en gewilde visvangplekke. Dasseneiland met sy volop voëllewe en wonderskone natuurtonele is sowat 10 km van die kus af. Daar is ook verskeie staproetes in die omgewing, soos Darling Stagger, Elandsfontein Privaat Reservaat, Grotto Bay Coastal Nature Reserve en Tienie Versveld Reservaat. Die Weskus Nasionale Park is ook net 20 km van Yzerfontein af. Hierdie wildpark bied 'n tuiste vir elande, bontebokke, springbokke, steenbokke, koedoes, duikers, Kaapse bergsebras, rooikatte, wildekatte en bakoorjakkalse. Darling se Wynroete en die skulpies by Pearl Bay is beslis ook 'n besoek werd.

Let asb. daarop dat die eenheid slaapplek het vir maksimum 4 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders ouer as 2 jaar. Dit is ook nie geskik vir mans-, dames- of toekenningsnaweke nie.

Slaapplek

'n Bespreking by 83 Dassen Island sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 83 Dassen Island gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]