83 on Robertson
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Robertsonlaan 83, Reebok, 6503, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
83 on Robertson is 'n vakansiehuis naby die strand in die kusdorpie, Reebok. Dié klein dorpie is tussen Klein-Brakrivier en Groot-Brakrivier geleë en is 'n kort entjie se ry van Hartenbos, Mosselbaai en George plus sy lughawe af.
Dié eenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die slaapkamers het albei 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Daar is 'n oopplan-kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, lugbraaier, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, ketel en basiese kookgerei toegerus is. Die eenheid het ook 'n TV met DStv, toegang tot gratis WiFi en 'n binnebraai.
Besienswaardighede in die area sluit Jakkalsvlei Wynplaas, Botlierskop Wildreservaat, Redberry Farm, Ilita Lodge Restaurant met 'n ongelooflike uitsig oor Grootbrakrivier, Die Ou Pastorie Teetuin, Seeplaas Restaurant, De Vette Mossel Seekosrestaurant, De Dekke Restaurant, Reebokstrand, Kleinbrakstrand, Oubaai Gholflandgoed en die Tuinroete Casino in. Gaste kan baie aktiwiteite soos swem, voetslaan, bergfietsry, kajakvaart, visvang, valskermsweef en wynproe in die area geniet.
Winkelsentrums is baie naby geleë, Pick n Pay is 800 m weg en De Dekke Spar slegs 6 kilometer.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Betsie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Jaar gelys 5
Ligging
- Robertsonlaan 83, Reebok, 6503, Wes-Kaap
- Gaste dink 83 on Robertson het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Robertsonlaan 83, Reebok, 6503, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom