9 Seascape Lodge Uvongo

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

9 Seascape Lodge is in die gewilde vakansiedorp Uvongo en bied gehalteverblyf vir 'n gesinsvakansie. Die eenheid is naby verskeie winkels en restaurante en is sowat 350 m van Uvongo se hoofstrand af.

Hierdie gerieflike grondvloer-eenheid bestaan uit 1 slaapkamer met 'n gemaklike dubbelbed, en daar is 'n enkelbed sowel as 'n tripelstapelbed (dubbelbed onder en enkelbed bo) in die leefarea. Daar is dus slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n deur wat na 'n privaat patio lei en wat toegang bied tot 'n swembad en braaigeriewe. Verder het die eenheid oorgenoeg stoorplek en die hoofslaapkamer het 2 klerekaste.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met beide DStv Explora- en gewone koppelpunt. Gaste moet hul eie dekodeerders, slimkaarte en afstandbeheerders saambring.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie en rook is streng verbode in hierdie eenheid. Daar is braaigeriewe en 'n swembad.

Slaapplek

'n Bespreking by 9 Seascape Lodge Uvongo sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Dubbelbed
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 9 Seascape Lodge Uvongo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R350 R315 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za