97OnStrand

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

97OnStrand is 'n selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in die Strand. Dié woonstel is lekker sentraal geleë en die kompleks bied pragtige uitsigte oor die oseaan. Heelwat winkels en restaurante is loopafstand van die woonstel af.

Die woonstel het 2 slaapkamers, 1 badkamers, 'n kombuis, opwaskamer, oopplan-leefarea en 1 motorafdak is beskikbaar. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer, en skuifdeure wat oopmaak op die balkon. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet.

Die leefarea is oopplan en die kombuis beskik oor 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, Nespresso-masjien (voorsien asb. jou eie koffiekapsules) en ingeboude kaste met eetgerei en breekware. Die opwaskamer het 'n wasmasjien en tuimeldroër. En die leefarea het 'n gerieflike rusbank en 'n eetarea. Die woonstel het 1 onderdak-parkeerplek.

97OnStrand is net 30 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Gordonsbaai en Stellenbosch se wonderskone wynplase, is net 'n klipgooi van die woonstel af.

Troeteldiere is ongelukkig nie toegestaan nie.

Slaapplek

'n Bespreking by 97OnStrand sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Konferensie geriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 97OnStrand gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]