A Zaganaga Kruger Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Onder Shona-sprekers word die woord "Zaganaga" gebruik om na 'n aangename emosie te verwys. a Zaganaga Kruger Lodge is in Marlothpark in die groter Kruger Nasionale Park en grens aan die Krokodilrivier.

Daar is 5 eenhede wat geskik is vir groepe van tot 12 mense. Elke kamer het sy eie privaat ingang en beskik oor lugversorging, 'n kluis en 'n haardroër. Daar is gehalte-matrasse, en -linne en badhanddoeke word voorsien. In die leefarea is daar 'n TV met sekere DStv-kanale. Skoonmaakdienste is daagliks beskikbaar behalwe op openbare vakansiedae.

Die selfsorg-lodge beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis en ingeboude braaigeriewe. Gaste kan hul maaltye in die leefarea of buite op die stoep geniet. 'n Troppie zebras, vlakvarke of ander wilde diere mag dalk net verbykom met die hoop om ietsie te ete te kry.

Ons verblyf se luukse dog natuurlike opset is 'n ideale basis vanwaar gaste dag- of georganiseerde nagritte in die Krugerwildtuin kan onderneem. Daar is ook besienswaardighede 'n entjie verder weg, soos God's Window, Bourke's Luck Sinkgate, Blyderivierpooort en die Mac Mac Waterval. As jy boonop deur die Long Tompas en Robberspas ry, sal die herinneringe aan hierdie skilderagtige deel van Suid-Afrika jou nog lank bybly.

Gaste kan ontspan, 'n boek lees, uitkyk vir wilde diere in die nabygeleë bos, 'n entjie gaan stap of fietsry. Jy kan ook met sononder na die Krokodilrivier se oewer ry en een van die Groot 7 gewaar. Sowat 350 verskillende voëlspesies het hulle in hierdie omgewing kom tuis maak.

Gaste het die opsie om na Nelspruit te vlieg en 101 km te ry vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe na die park. Andersins kan jy al die pad per motor deur van ons land se mooiste natuurtonele reis. Dit is slegs 'n 20 minute motorrit vanaf a Zaganaga Kruger Lodge na die Kruger Wildtuin se Malelane- en die Krokodilbrug-hekke. Gaste kan ook vir 'n paar dae hier vertoef voordat hulle verder reis na Mosambiek of Swaziland.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Zaganaga Kruger Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false