AAA Accommodation
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Queen's-singel 452C, Lynnwood, Pretoria, 0081, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
AAA Accommodation is in die hartjie van Lynwood, Pretoria geleë.
Dit beskik oor die Hoofkamer en 'n buitewoonstel met sy eie 'n ingang.
Die Hoofkamer is volledig gemeubileer en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n klein kombuisie wat slegs geskik is vir die opwarm van kos en nie vir kook nie, en baie kaste. Daar is ook 'n mikrogolfoond, yskassie, TV en breekware. Die woonstel word daagliks skoongemaak. Die woonstel word deur die hoofhuis bereik, maar dis steeds baie privaat. Die hoofkamer het 'n trap en toegang tot die voordeur is via 3 trappies.
Die buitekamer het slegs een trappie tot by die voordeur. Dit is 'n volledig gemeubileerde kamer met 'n dubbelbed, lessenaar, TV, yskassie, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het baie kasspasie en sy eie ingang. Die kamer is veilig en in 'n afgesperde area wat tussen 18:00 en 06:00 toegemaak word. Dit word ook daagliks skoongemaak.
Daar is uitstekende sekuriteit en veilige parkeerplek agter 'n valhek. Daar is ook 24 uur-sekuriteit in die area.
Die gerieflike ligging sal sorg dat jy in 'n japtrap by die hoofpaaie en hoofwee, soos die N1 en die N4. Ons is ook naby aan die Wêreldbank, Innovation Hub, CSIR, baie besigheidsparke, die Universiteit van Pretoria, die Botaniese Tuine, Lynnwood Brug, Glenfair-winkelsentrum, Menlyn-winkelsentrum, Menlyn Maine en Loftus Versveld. Menlyn-winkelsentrum bevat teaters, bioskope en restaurante en die stadskern en verskeie besigheidsparke is ’n klipgooi ver vanaf AAA Accommodation.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Nagportier
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Aletta Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Queen's-singel 452C, Lynnwood, Pretoria, 0081, Gauteng
- Gaste dink AAA Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lynnwood Pretoria-Oos Pretoria Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Queen's-singel 452C, Lynnwood, Pretoria, 0081, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom