Universitas Akkommodasie by Aandmuzik Guesthouse | LekkeSlaap
+38
+38

Aandmuzik Guesthouse

B&B
  • Vanaf R820 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dreyerstraat 18, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Aandmuzik Guesthouse is in die middel van Bloemfontein en bied 'n tipiese Vrystaatse huis met pragtige argitektuur en unieke en suite-slaapkamers. Die gastehuis is naby die sakekern, universiteit, skole, hospitale, sportstadions en winkelsentrums. Daar is ook 'n rustige tuin.

Gaste word in die hoofhuis en in die anneks geakkommodeer en hulle kan individuele kamers of gesinseenhede bespreek. Aandmuzik Guesthouse bied 2 en suite-dubbelkamers, 1 gesinskamer met 'n privaat ingang na die tuin en swembadarea, 2 en suite-dubbelkamers met balkonne wat oor die tuin en swembad kyk en 'n dubbelkamer en gesinskamer bo. Die anneks het 4 dubbelkamers of 2 gesinseenhede met 'n privaat ingang.

Elke kamer het 'n mikrogolfoond, yskassie, lugversorging, 'n TV met DStv, handdoeke, toiletware en tee- en koffiemaakgeriewe. Haardroërs is op versoek beskikbaar. Rook is verbode in die kamers, maar daar is balkonne waar gaste mag rook. Daar is ook gratis WiFi, 'n lapa met 'n braai-area, 'n swembad en veilige onderdakparkeerplek agter elektriese hekke.

'n Opsionele ontbytbuffet word elke oggend tussen 07:00 en 09:00 bedien en gaste kan elke dag by ontvangs daarvoor bespreek. Die gastehuis bied ook bystand met reisreëlings.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 121 resensies vir Aandmuzik Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Dreyerstraat 18, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Aandmuzik Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R820
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R820
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R820
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dreyerstraat 18, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdmZTZlMDliLWZjNjItNDlhOC1iNGI0LWQ2NGE3MGVlNDA3Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R820  per nag (vir 2 persone) 121 5 1 5 18 Dreyer Street Universitas 9301 Vrystaat 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -29.117299697113 26.191320419312
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za