Jacobsbaai Akkommodasie by Abalone Guest House | LekkeSlaap
+68

Abalone Guest House

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sewende Keeromstraat, Jakobsbaai, Vredenburg, 3264, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R998 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Abalone Guest House is die perfekte plek om heen te vlug indien jy wil wegbreek van die gejaag en geraas van die stadslewe, en die luuksheid van kalmte en rustigheid wil kom geniet.

Dis geleë in Jakobsbaai aan die Weskus van Suid-Afrika, halfpad tussen Saldanha en Vredenburg. Dié lieflike kusdorpie word dikwels na verwys as die "Namakwaland van die Weskus". Sy kuslyn strek oor 2 km en wissel tussen rotserige oppervlaktes en sandbaaie teen die randjie van die blou see.

Jacobsbaai is slegs 145 km vanaf die Kaap, ongeveer 90 minute se ry. Dis sentraal geleë sodat jy die asemrowende Weskus met al sy juwele kan geniet en beleef. Van die besienswaardighede sluit in Yzerfontein, Langebaan, Weskus Nasionale Park, Saldanha, St Helenabaai, Velddrif, Dwarskersbos, Elandsbaai en vele meer.

Jakobsbaai is enige visserman se droom en die Atlantiese Oseaan bied 'n groot verskeidenheid seekos. Die strand is perfek vir 'n lekker stappie, swem of om net te kom sit met 'n glasie goeie Suid-Afrikaanse wyn en die uitsig geniet. Diegene wat meer avontuurlustig wil wees, kan staproetes aanpak, vlieërplankry, bergfietsry of selfs branderplankry.

Ons bied B&B- asook selfsorg-akkommodasie wat ideaal is vir paartjies of families wat 'n bietjie meer privaatheid verlang. Etes vir selfsorg-gaste kan ook voorsien word, as dit vooraf gereël word. Al ons kamers het pragtige, onbelemmerde see-uitsigte, met ongelooflike pragtige sonsondergange.

Al die gaste het toegang tot die gesellige sitkamer wat 'n heerlike kaggel het wat die sitkamer baie aanloklik maak in die winter! Die sitkamer het WiFi-toegang vir die gaste wat hulle e-posse wil beantwoord. Daar is ook 'n ingeboude braai buite, vir die gaste wat graag self 'n vleisie wil braai, en een krat hout word voorsien.

Die effek wat Jacobsbaai op mens het, laat jou weer besef wat werklik belangrik is in die lewe, en blywend is.

Jacobsbaai is die beslissende Weskus-ervaring!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 109 resensies vir Abalone Guest House
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Sewende Keeromstraat, Jakobsbaai, Vredenburg, 3264, Wes-Kaap
  • Gaste dink Abalone Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R998
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R998
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sewende Keeromstraat, Jakobsbaai, Vredenburg, 3264, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQNQHFfP4XQBuPsL8l5KUy4amWPzWVDtyUT7cc9WuWlktOhVih2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R998  per nag (vir 2 persone) 109 5 1 5 1 Sewende Keerom Street Jacobsbaai 3264 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -32.971403238356 17.887405157089
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za