Abalone Villas
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van St Augustineweg en Sampsonstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R5 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Abalone Villas bied luukse selfsorg-verblyf aan in die kusdorpie Paternoster. Elke villa spog met 'n butlerdiens, ingevoerde meubels en 'n privaat randvloeiswembad met lieflike gedeeltelike see-uitsigte.
Verblyf by Abalone Villas behels 2 villas wat elk geskik is vir 4 gaste. Elke villa het ruim slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer het, en 'n toegeruste kombuis met al die nodige geriwe om etes voor te berei en te kook. Daar is 'n oopplan-leefarea wat na die kuierarea lei wat braaigeriewe, 'n randvloeiswembad en see-uitsigte het.
Elke villa het 'n kaggel in die leefarea, 'n slim-TV met Netflix, gratis WiFi en veilige parkeerplek. Daar is 'n nagwag en 'n waghond buite die perseel om gaste gerus te stel oor veiligheid.
Die butler bedien soggens 'n Engelse of kontinentale ontbyt. Gaste kan ook ontbyt by die restaurant by die Abalone Hotel geniet. Die butlerdiens is ook beskikbaar om laatmiddag-drankies en peuselhappies te bedien, asook aandete indien vooraf gereël. Beide is teen ekstra koste.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Abalone Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 13
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Hoek van St Augustineweg en Sampsonstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Abalone Villas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kliprug Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van St Augustineweg en Sampsonstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom