Abide With Us

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Abide With Us is 'n B&B in die boomryke woonbuurt Pinelands in Kaapstad geleë en word deur die eienaars, Aileen en Ralph Willcox, bestuur.

Daar is verblyf in 3 ruim en gerieflike kamers, elkeen met volvloermatte en 'n en suite-badkamer. Elke kamer het onbeperkte WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler, yskas, mikrogolf, haardroër, elektriese kombers, waaier, strykyster, radiowekker, verwarmer, ketel en teeskinkbord. Die kamers het elkeen 'n aparte ingang met 'n individuele alarmstelsel. Al ons beddegoed en handdoeke is 100% katoen.

'n Volledig toegeruste, selfsorgkothuis is beskikbaar. Die kothuis het 'n koningingrootte-bed in die slaapkamer en 'n slaapbank in die sitkamer. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is goed toegerus en het 'n stoof en 'n wasmasjien. Daar is slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders of 3 volwassenes.

Gaste is welkom om die swembad en die draagbare braaigeriewe te benut. Daar is veilige parkeerplek beskikbaar agter 'n elektroniese hek.

Pinelands is 'n maklik toeganklike area, naby die lughawe en Kaapstad se middestad. Dit is 5 minute se ry vanaf die Rooikruis Hospitaal en Vincent Pallotti Hospitaal. Dit is 15 minute vanaf Nuweland Stadion en die Universiteit van Kaapstad. Die naaste strand is 15 minute se ry ver en die Kaapse Wynlande is net 30 minute van ons af. Ons bied ook 'n pendeldiens op versoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Abide With Us gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za