Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Accommodation Mosselbay

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nutans-straat 18, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Accommodation Mosselbay is aan die kus van Danabaai geleë en kyk uit oor 'n lang stuk van die pragtige strandfront met nimmereindigende see-uitsigte. Die huis het 2 knus selfsorgwoonstelle met privaat ingange wat beslis jou vakansie 'n wonderlike ervaring sal maak. Gaste kan walvisse en dolfyne van die perseel af dophou.

Die eerste woonstel, Whalewatch, is op die boonste verdieping geleë en bied panoramiese see-uitsigte reg deur die woonstel. Gaste kan selfs uit hulle eie slaapkamers uit walvis- en dolfynkyk. Hierdie ruim eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers, en slaapplek vir 6 gaste. (Let wel: Dit sluit 'n stapelbed in). Die woonstel het 'n volledig toegeruste selfsorgkombuis, 'n groot sitarea en 2 ruim balkonne (1 wat na die noorde kyk en die ander na die suide) met nog sitplek. Die sitarea het 'n TV met DStv-toegang en die patio het 'n draagbare braai.

Die tweede woonstel, Seahorse, is 'n oopplan-enkelwoonstel in die onderste deel van die huis. Hierdie bekoorlike eenheid het nie see-uitsigte nie, maar wel 'n lieflike tuin en braai-area. Die eenheid het 'n oopplan-slaapkamer, 1 badkamer en slaapplek vir 4 gaste. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis, 'n eetkamer en 'n leefarea met DStv-toegang. Die sitarea dien ook as 'n tweede slaaparea en het 2 enkelbeddens.

Accommodation Mosselbay is net 'n klipgooi van die strand af waar jy al langs die water kan gaan stap of op 'n warm, sonnige dag op die sand kan ontspan. Mosselbaai is net 'n kort entjie se ry weg en daar kan jy verskeie restaurante, winkels en ander opwindende bestemmings en doendinge aantref.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 57 resensies vir Accommodation Mosselbay
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Nutans-straat 18, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Accommodation Mosselbay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nutans-straat 18, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUxNGVhZGFmLTFlMDItNDBkMS05NTZlLTgwYTk5ZTg1OGM4Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 4) 57 5 1 5 18 Nutans Street Mossel Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.205786404674 22.037277440475