Acorn Guest Farm
- Kapasiteit: 56 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R33, Twyfelaar, Carolina, 1185, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Acorn Guest Farm is net 'n entjie vanaf die R33 na Carolina, 22 km vanaf die N4, en 80 km vanaf Dullstroom. Dit is die perfekte wegbreekbestemming vir gesinne en vriende in 'n pragtige plaashuis wat in 1913 gebou is.
Die hoofhuis bied slaapplek aan 12 gaste en het 'n groot leefarea en 'n volledige kombuis.
Daar is 5 suites met slaapplek vir 2 gaste elk. Elke suite het 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad, wasbak en toilet, asook koffie- en teemaakgeriewe. 2 van die suites is losstaande en sowat 100 m vanaf die gastehuis in die veld met 'n uitsig oor die trouvenue wat net sowat 50 m daarvandaan is.
Die pragtige Ouklip-stalle is in die 1950's deur die familie gebou as 'n diereskuiling, veral vir skape in die skeerseisoen. Dié struktuur is pragtig onderhou en omskep in ruim verblyf met 9 gesinsuites vir altesaam 37 gaste. Die Stalle het 'n gemeenskaplike sitkamer en volledige kombuis met koffie- en teemaakgeriewe en 'n houtstofie. Buite is daar braaigeriewe.
Die plaas het 'n lekker ruim werf en bied allerlei doendinge vir jonk en oud soos voetslaan, fietsroetes, perdry, visvang en 'n speletjieskamer met tafeltennis, 'n Wii en bordspeletjies.
Ons lieflike trou- en funksie-venue het plek vir 120 gaste. Acorn Guest Farm is 'n ideale halfwegstop op pad na die Krugerwildtuin of Swaziland en is net 20 km van Carolina af.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Forelhengel
- Baarshengel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Christelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Jaar gelys 9
Ligging
- R33, Twyfelaar, Carolina, 1185, Mpumalanga
- Gaste dink Acorn Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Carolina Mpumalanga
- Kapasiteit: 56 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R33, Twyfelaar, Carolina, 1185, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom