@ Andante Self-Catering

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 50 % af

Kry 50% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 30 Sep 2019.

Beskrywing

Andante is 'n volledig toegeruste selfsorg-ateljee. Dit is teen die golwende hange van die Helderberge geleë in die rustige en goed versorgde voorstad Heldervue in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.

Die ligging is in die hartjie van die Kaapse Wynlande en na aan al die vernaamste toeriste-besienswaardighede en prentjiemooi ritte asook een van die moderne Sewe Wonders van die Wêreld: Tafelberg!

Die moderne selfsorg-ateljee is 40 m² groot en apart en privaat van die eienaar se woning. Dit bied ook 'n alarmstelsel en 'n balkon wat uitkyk oor Gordonsbaai, die Strand en die see.

Die eenheid het 'n koninggrootte-bed (of 2 enkelbeddens), 'n slaapbank vir 'n kind of 2 klein kinders (onder 12), 'n aparte badkamer met 'n stort en haardroër, 'n oopplan-kombuis met alle geriewe nodig insluitend 'n wasmasjien, 'n ronde tafel met sitplek vir 6 wat maklik op die balkon gebruik kan word vir al fresco-etes. Ons voorsien tee, koffie, suiker en melk met aankoms.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na @ Andante Self-Catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R450 per nag (plek vir 3)

Kry 50% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 30 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]