Akunandaba - Marloth Park

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Akunandaba is geleë in Marloth Park, waar gesinne en groepe die bosveld op sy beste kan geniet en wild vry rondloop. Die park is net 'n klein entjie van die Krokodilrivier af wat grens aan die Krugerwildtuin.

Ons het 'n grasdakhuis in die middel van ons klein Eden met 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met bad en stort, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met net bad. Die derde slaapkamer is net so ruim en uniek soos die ander slaapkamers. Hierdie kamer het 2 driekwartbeddens en daar is nog 4 driekwartbeddens in die solderkamer. Akunandaba het slaapplek vir tot 10 persone en elke kamer is toegerus met waaiers.

Akunandaba het 'n oopplan-sitkamer met lugversorging en 'n volledig toegeruste kombuis met genoeg kaste vir breekware en eetgerei. Geriewe sluit 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en kisvrieskas in.

Van die uitstekende geriewe wat jy kan verwag: DStv (bring asb. jou eie dekodeerder en slimkaart), buitestort, braai-area in die tuin en 'n swembadjie. Wat meer het jy nodig? Akunandaba bied 'n fantastiese selfsorgwegbreek in die hartjie van die natuur.

Kenmerke

Badkamer

  •  En-suite

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Akunandaba - Marloth Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false