Alyssa's Inn Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Alyssa's Inn bied gerieflike gastehuisverblyf in ’n rustige area in Eversdal, Durbanville. Dis sentraal geleë met toegang tot winkelsentrums, hospitale en die Durbanville Wynroete.

Verblyf word in 3 smaakvol gemeubileerde woonstelle gebied wat elk ’n privaat ingang het. Die eerste woonstel het ’n leefarea op die onderste verdieping, ’n kombuis wat volledig toegerus is en wasgoedgeriewe. Die boonste verdieping het ’n kamer met instapkaste en ’n badkamer. Gaste kan Durbanville se uitsig van die balkon af geniet. Daar is 'n slaapbank bo vir ’n ekstra paartjie of 2 kinders.

Die tweede woonstel het ’n dubbelbed, badkamer en ’n kombuisie en bied ’n tuinuitsig. Dit lei ook na die swembad. Die derde woonstel het ’n dubbelbed en en suite-badkamer, en bied ’n uitsig oor Durbanville. Gaste het toegang tot ’n gemeenskaplike swembad, met seisoenale toegang, en kuierarea, asook veilige parkeerplek, WiFi en sekere DStv-kanale.

Winkelsentrums in die area sluit Tygervallei Winkelsentrum en Cape Gate in. Gaste kan Durbanville en Stellenbosch se wynplase besoek, slegs 30 km weg. Kaapstad se middestad is ook net 30 km van die gastehuis af en Kaapstad Internasionale Lughawe is 27 km ver.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Kroaties

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Alyssa's Inn Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false