Amberley 52

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Amberley 52 is ’n selfsorgwoonstel op die tweede verdieping in ’n veilige landgoed wat ook ’n beskermde vleiland is in St Michaels on Sea. Dié landgoed het verskeie voëlspesies en is 800 m vanaf St Michaels se hoofstrand en Uvongo se hoofstrand.

Die woonstel bied slaapplek aan 8 gaste en het 4 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea, en -leefarea. Die eerste en tweede slaapkamer het elk ’n dubbelbed, en die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Al die kamers het plafonwaaiers.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, en ontbytkroeg met stoele. Die etenstafel het sitplek vir 8. Die sitarea beskik oor ’n plafonwaaier en platskerm-TV. Daar is ook skuifdeure in die sitarea wat na ’n balkon met buitemeubels en braaigeriewe lei.

Die landgoed bied 2 gemeenskaplike swembaddens met braaigeriewe en ’n koffiewinkel by die hoofswembad wat by die klubhuis en tennisbane is. Die ingang na die landgoed het hekke en word bewaak.

Kom geniet ons gewilde Water Wolrd in Wild Coast Sun, Mac Bananas 5 km voor Port Edward, Lake Eiland en ons plaaslike bootritte.

Slaapplek

'n Bespreking by Amberley 52 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amberley 52 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 220 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false