Amble Side

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 2 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Amble Side is 'n ruim eenheid met 2 vertrekke in 'n lieflike tuin in die historiese omgewing van Stanford. Die eenheid grens aan die hoofwoning, maar het 'n privaat ingang en 'n stoep.

Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer met 'n bad en 'n stort. Toegang tot die badkamer word verkry deur die slaapkamer, en 'n haardroër word voorsien. 'n Slaapbank is in die leefarea vir 'n kind of familielid beskikbaar. Let wel dat die derde persoon die en suite-badkamer moet deel. Katoenlinne en handdoeke word voorsien. Die eenheid is toegerus met 'n yskas, induksieplaat, 'n mikrogolfoond en 'n Weber-braai. WiFi is ook beskikbaar. Daar is 'n gasverwarmer vir die winter en waaier en muskietenet vir somer.

Koffie, tee, melk, suiker en tuisgebakte beskuit word voorsien.

Die perseel is omhein en is troeteldiervriendelik. Dit moet vooraf gereël word indien gaste hul troeteldiere wil saambring. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Amble Side grens aan die Wandelpad en is naby die rivier en dorp. Stanford bied verskeie wynplase, 'n bierbrouery, Kleinrivierkaas en goeie restaurante. Doendinge in die omgewing sluit bootritte op die rivier, begeleide perdritte en voetslaanroetes in. Hermanus en Gansbaai is net 20 km weg en bied verskeie besienswaardighede. Stanford het 'n bergfietsgroep wat elke Sondagoggend die plaaspaaie verken.

Slaapplek

'n Bespreking by Amble Side sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amble Side gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 R667 per nag (vir 3 mense)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 2 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false