Umtentweni Akkommodasie by Ambleside | LekkeSlaap
+46

Ambleside

  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4de Laan 2, Umtentweni, Port Shepstone, 4236, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ambleside is in die lieflike dorpie Umtentweni, 2 km noord van Port Shepstone, geleë. Ons bied gaste 4 aparte selfsorgwoonstelle wat elkeen op 'n sprankelende sonverhitte swembad kyk en lieflike uitisgte van die tuin met 'n stroompie, het. Word wakker met die klank van branders wat breek op 'n verlate strand 'n paar sekondes weg.

Die buigsaamheid van die 4 woonstelle laat ons toe om 'n paartjie wat op soek is na 'n privaat wegbreek of 'n gesin wat saam wil bly, te akkommodeer.

Die tariewe is gebaseer op 'n gesin van 2 volwassenes en 2 kinders per eenheid gedurende skooltyd. Die tariewe is meer gedurende skoolvakansies en vir groter groepe.

Musiek word nie toegelaat nie, so as jy wil partytjie hou is Ambleside nie die plek vir jou nie.

Ons Noordelike Vleuel bied 'n leefarea en kombuis, badkamer en 2 slaapkamers (1 groot slaapkamer en 1 kleiner slaapkamer) en bied slaapplek vir 4 gaste, maar daar is 2 slaapbanke in die leefarea vir 2 ekstra gaste.

Die Oostelike vleuel is 'n drieverdiepinghuis met uitstekende afwerkings. Die hoof en suite-slaapkamer is op die grondvloer. Die kombuis op die grondvloer het graniet-toonbanke. En die badkamer het 'n groot instapstort. Die leefarea op die eerste verdieping het 'n 43" LED-TV en daar is 'n tweede slaapkamer in die solder. Die huis bied slaapplek vir tot 10 gaste, indien hulle nie omgee om 'n kamer te deel nie.

Die Suidelike Vleuel is in Januarie 2015 gebou en voldoen aan die hoogste standaarde. Dit bestaan uit 'n ateljee-woonstel en 'n sitkamer met 'n privaat tuin. Daar is slaapplek vir tot 4 gaste, maar daar is ook 'n verdere 3 slaapbanke wat slaapplek bied vir meer gaste.

Ons ateljeewoonstel is ons nuutste toevoeging en is in Augustus 2016 voltooi. Dié oopplan-woonstel van 40 m² is ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na 'n stil wegbreek en dis 'n entjie vanaf die swembad-area. Daar is 2 slaapbanke om slaapplek vir tot 4 gaste te bied.

Sosiale en goed gemanierde troeteldiere is welkom, mits dit vooraf gereël word en daar sal 'n ekstra koste wees.

Die tarief wat aangedui word (Noordelike, Suidelike en die Ateljee is R750 per nag, Oostelike is R950 per nag) is vir 2 volwassenes en 2 kinders tydens die skoolkwartaal. Indien meer mense (volwassenes, kinders en babas) en hulle diere wil oorbly of indien jy tydens die skoolvakansie wil bespreek, is die koste meer.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Skootrekenaar-projektor
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 27 resensies vir Ambleside
Netheid
4.1/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • 4de Laan 2, Umtentweni, Port Shepstone, 4236, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ambleside het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4de Laan 2, Umtentweni, Port Shepstone, 4236, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwf4tHqZClCW40rdK11iqju8hnSvPK2NjjvTq58Wp88LrkUTwIH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 4) 27 5 1 5 2 Fourth Avenue Umtentweni 4236 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.717211936041 30.475478768349
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za