Ameri Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ameri Cottage is in Flamwood, Klerksdorp geleë en bied vriendelike, gehalteverblyf vir sakereisigers of oornaggaste met mededingende pryse. Almal kan 'n vriendelike, warm verwelkoming verwag en ons stap die ekstra myl om onvergeetlike verblyf te verseker.

Dis naby verskeie winkelsentrums, restaurante en hospitale en is dus geskik vir gaste wat die hospitaal besoek, sakereisigers of net vir oornagverblyf.

Die eenheid is op ’n residensiële perseel en het 1 slaapkamer met ’n dubbelbed, ingeboude kaste, ’n spieëltafel en TV met 'n DVD-speler, asook 'n tafel en stoele. Nog 'n enkelbed kan voorsien word in die slaapkamer vir 'n ekstra gas teen addisionele koste indien dit vooraf gereël word.

Daar is 'n badkamer met ’n stort, toilet, wasbak en handdoeke.

Die kombuis is toegerus met ’n mikrogolfoond, broodrooster, braaipan, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Koffie, tee, suiker, melk en beskuit word ook voorsien.

Gaste het toegang tot 'n privaat tuin met buitebraaigeriewe en daar is 'n veilige onderdakparkeerarea langs die eenheid.

Die perseel is in ’n veilige area, is omhein en het 'n elektriese motorhek.

Slaapplek

'n Bespreking by Ameri Cottage sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ameri Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R330 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za