Amzee Bokmakierie Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welkom by die Amzee-Bokmakierie Gastehuis (Bestemming: Mosselbaai Suid-Afrika!) Die Gastehuis is gelee op die Tuinroete tussen die Karoo Woestyn en die Indiese Oseaan met myle onbedorwe wit strande en 'n eindlose wêreld van majesteit! Alle Amzee Bokmakierie-kamers bied asemrowende uitsigte van die Indiese Oseaan, en landskappe bedek met unieke kusfynbos.

Vind hierdie skat op die buitewyke van Danabaai, 'n natuurbewaring-gebied met kalm en asemrowende natuurtonele. Die atmosfeer van die gastehuis bied die geleentheid vir inspirerende denke oor natuur en kosbare tye uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis; als lieflik uitgebeeld in die dekor en versamelstukke van die gastehuis.

Die liefde en toewyding in hierdie pragtige huis word ervaar die oomblik wat jy die gastehuis betree. Alle Amzee Bokmakierie kamers bied 'n skouspelagtige uitsig van die Indiese Oseaan.

Elke kamer het 'n balkon met 'n asemrowende uitsig oor die Indiese Oseaan. Daar is 'n privaat swembad en braaiplek. Selfsorg-eenhede het privaat braaiplekke. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel. B&B-kamers het vol badkamers en 2 enkelbeddens.

Met so baie om van te kies en keur kan jy verder jou verblyf geniet deur saam met die gashere en ander gaste 'n smullekker, tradisionele Suid-Afrikaanse maaltyd deel; of ontsnap na 'n privaat ruimte en reflekteer op die oomblik. 'n Mengelmoes van oud en nuut prikkel die sintuie na 'n waardering vir die verlede en die hede.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Nederlands
  •  Duits
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amzee Bokmakierie Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false