Anchor's Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anchor's Rest is in Hermanus, net 120 km vanaf Kaapstad. Anchor's Rest is net 150 m vanaf die bekende kransvoetpaaie wat spog met die wêreld se beste grondgebaseerde walviskyk. Dit is ook net 1.5 km vanaf die middedorp. Die perseel is tussen die historiese Ou Hawe en die Nuwe Hawe wat restaurante het en ook stapafstand vanaf die perseel is. Die sjampanje-lug, Blouvlagstrande, skouspelagtige bergnatuurreservaat, mooi gholfbane en ander buitelug-doendinge maak van Hermanus die ideale vakansiebestemming.

Verblyf is beskikbaar in 4 selfsorgsuites, elk met 'n privaat ingang, stoep, tuinareas en braaigeriewe. Verder het elke kamer ook 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, plafonwaaiers, 'n mikrogolf, gratis WiFi, 'n TV met M-Net en die DStv-Premium-pakket asook 'n DVD-speler.

'n Opsionele kontinentale ontbyt is beskikbaar op versoek en kan op die stoep of in die kamer bedien word.

'n Soutwater-swembad en groen tuin is beskikbaar vir gaste. Veilige parkeerplek word voorsien.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anchor's Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R720 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false