Anemoon

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Beskrywing

Anemoon bied selfsorg-verblyf in die kusdorpie Stilbaai. Die eenheid bestaan uit 2 moderne dubbelverdiepingwoonstelle. Die eiendom is net 'n paar minute se stap van die strand, hawe en die gholfbaan af.

Elke woonstel bied slaapplek vir tot 8 gaste, dus 6 volwassenes en 2 kinders, en beskik elkeen oor 3 slaapkamers. Daar is 2 slaapbanke in die leefarea, maar eie beddegoed moet asb. saamgebring word. Anemoon voorsien linne en badhanddoeke vir 6 gaste, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Die kombuise is ten volle toegerus met stowe, oonde, mikrogolfoonde en yskas-vrieskaste. Gaste kan hul maaltye by die eetkamertafels nuttig. Elke eenheid het 'n wasmasjien vir gaste se gerief. Albei woonstelle het balkonne bo met braaiplekke.

Stilbaai bied spa-baddens, visvang, seilplankry en vlieërbranderry, seiljag en kanovaart. Gaste kan verskeie voetslaanpaaie geniet soos die Noorkapper Voetslaanpad wat die kuslyn na Jongensfontein volg, die West Bank-roete wat uitstekende voëlkykgeleenthede bied, die Pauline Bohnen-roete en die Lappiesbaai Strandroete wat wonderlik is gedurende walviskykseisoen.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anemoon gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 R1 190 per nag (plek vir 8)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za