Annie's Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Annie's Cottage is in Springbok geleë en bied gerieflike akkommodasie waar moeë reisigers tuis sal voel. Gedurende Augustus tot Oktober wanneer die Namakwalandse blomme blom, vergelyk niks met die skoonheid van ons omgewing nie.

Ons bied akkommodasie in 11 gerieflike kamers met en suite-badkamers wat 'n bad, 'n stort of albei het. Elke kamer is uniek versier en het sy eie karakter. Die kamers het Egiptiese en perkalkatoenlinne, donsvereduvets, wit handdoeke en hy-en-sy-japonne wat daarby pas. Verder het elke kamer ook internet, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n vol kroegie.

Al die kamers het 'n privaat ingang vanaf die veranda wat na die tuin of hul eie privaat patio lei. Gaste kan smiddae in ons koel, lowerryke tuin met sy klein, private hoekies onder groot Jakarandabome ontspan, 'n lui middag op ons veranda deurbring met 'n boek en iets om te drink, of 'n sonnige dag saam met die kinders langs die swembad geniet! Die vriendelike personeel by Annie's Cottage sal ook in al jou verdere behoeftes voorsien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Annie's Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 120 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false