Apollo de Karoo Tented Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Apollo de Karoo Tented Camp is in die Onder-Karoo naby die Tankwa Nasionale Park en Sutherland geleë. Die verblyf is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat bietjie na die Karoo wil ontsnap.

Dié tentekamp bied 6 permanente tente wat elk slaapplek vir 2 gaste het. Die tente is koel in die somer en warm in die winter. Elke tent het 2 enkelbeddens. Die tente maak gebruik van die badkamer met 3 storte met warmwater-gasgeisers en 3 spoeltoilette. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die tente deel ’n gemeenskaplike kombuis wat toegerus is met ’n gasstoof, 'n mikrogolf, yskas, vrieskas, eetgerei, breekware en 'n etenstafel met sitplek vir 12. Daar is ’n TV met DStv-sportkanale, WiFi en ’n pooltafel. Braaipakke is beskikbaar op versoek en gaste kan hout koop.

Daar is onderdakbraaigeriewe en 'n vuurput. Gaste moet asb. bewus wees van hul omgewing, aangesien dié area die tuiste van die Kaapse Kobra en pofadder is.

Die area is ideaal vir gaste wat hou van draf, voetslaan, bergfietsry of ontspan in die Karoo.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Apollo De Karoo Tented Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false