Linkside Akkommodasie by Aqua Marina Guest House | LekkeSlaap
+23
+23

Aqua Marina Guest House

Gastehuis
  • Vanaf R1 300 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 74 Hill Straat, , Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 8

Beskrywing

Aqua Marina Guest House is in 'n stil doodloopstraat op die noordelike hang van die heuwel geleë wat oor die dorp, hawe en baai uitkyk. Die Outeniekwaberge vorm die agtergrond van dié asemrowende uitsig. Die gastehuis is 70 meter bo seevlak en 460 van die see af.

Ons bied akkommodasie in 4 kamers waarvan 2 volledige see-uitsigte het en die ander 2 kamers 'n uitsig oor die tuin het. Die slaapkamers het elk 2 ekstra lang enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en puik matrasse en perkallinne het. Geriewe in die kamers sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, internet-toegang, kluisies en yskaste in. Die eetarea lei na 'n sitkamer en 'n dek wat gedeeltelik bedek is en as rookarea dien. Albei het uitsigte oor die baai.

Die gastehuis is 3 strate van die hoofstraat af waar daar baie restaurante is. Gaste kan kies om daarheen te stap of van die gratis pendeldiens gebruik te maak. Ons gasheer en gasvrou, Noel en Alida Hudson, sal daarna streef om jou verblyf van die beste te maak.

Mosselbaai Gholfklub, met 'n see-uitsig van elke bof af, en Pinnacle Point Gholfklub is onderskeidelik net 5 en 10 minute se ry van Aqua Marina Guest House af. Afslaantye kan gereël word teen spesiale tariewe.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • 74 Hill Straat, , Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 74 Hill Straat, , Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 8
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAEC7UXTDZ01H7DIe50L5l1aXQXpNSGnvyawGuuGxJQ3tXAdN0Cz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (vir 2 persone) 74 Hill Street Linkside 6506 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.185065468868 22.146425843239
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za