St Michael's-on-Sea Akkommodasie by Aquarius | LekkeSlaap
+18
+18

Aquarius

Selfsorg
  • Vanaf R1 320 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Orange Rocks-weg 60, St. Michael's-on-Sea, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Aquarius is 'n ruim vakansiehuis op die seefront in St. Michael's-on-Sea met slaapplek vir tot 8 gaste.

Dié dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers met plafonwaaiers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Een van die kamers het 'n dubbelbed, en die ander 2 slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Die kamers deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde badkamer is op die boonste verdieping en het 'n stort. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis en leefarea is op die boonste verdieping en bied toegang tot 'n groot balkon met 'n swembadjie, 'n ingeboude braai en 'n uitsig oor die see. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, yskas, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Maaltye kan rondom die etenstafel geniet word en die sitarea het 'n TV. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring om DStv te kyk. Let asb. daarop dat Explore-dekodeerders nie versoenbaar is met die DStv-koppelpunt nie.

Daar is 'n wasgoedkamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n diepvrieskas op die onderste verdieping. Parkeerplek is beskikbaar in 'n motorhawe. Rook is verbode in die huis.

St. Michael's-on-Sea bied verskeie doendinge soos swem, seilplankry, branderplankry, jet-ski, hengel, snorkel, skubaduik en gholf by Margate se buiteklub.

Slaapplek

’n Bespreking by Aquarius sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Orange Rocks-weg 60, St. Michael's-on-Sea, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 320
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 320
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 320
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Orange Rocks-weg 60, St. Michael's-on-Sea, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlSZ7O7KAJnbw7Kr2yfWsewCBCMHBPcJ73mlGtjOTcWi1IVMLbd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 320  per nag (plek vir 8) 60 Orange Rocks Road St Michael's-on-Sea 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 09:00 -30.828356025661 30.402439328172
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za