Asgard Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kom ervaar ware Duitse en Namibiese gasvryheid by Asgard Apartments, luukse selfsorg-vakansieverblyf in Somerset-Wes. Hier kan jy sonnige dae, blou lug en asemrowende uitsigte oor die berge en beeldskone wynlande geniet.

Verblyf word gebied in 3 ruim selfsorgwoonstelle. Elke eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis en is modern gemeubileer. Sommige van die woonstelle het lugversorging. Ander geriewe sluit in: 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi-toegang. Daar is veilige parkeerplek op die perseel en daar is 'n tuin en 'n plonspoel.

Kaapstad se stadskern, Tafelberg en die Kaapstad Internasionale Lughawe is slegs 30 minute vanaf Somerset-Wes. Ons is na aan Somerset-Wes, Somerset Mall, gewilde gholfbane en die Strand en Gordonsbaai se beeldskone strande, albei deel van die Indiese Oseaan. Somerset-Wes vorm deel van die Kaapse Wynlande en daar is 'n wye verskeidenheid wynlandgoedere en proelokale in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Asgard Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za