+19

Atara Kothuis

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Nuwe Street, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Hierdie pragtige, gerestoureerde ouwêreldse kothuis is in die hartjie van Calitzdorp geleë. Dié dorpie is tussen die Kango- en die Gamka-vallei geleë met die Swart- en Rooiberge in die skilderagtige agtergrond. Die welbekende Roete 62 loop deur die dorp.

Hierdie tweeslaapkamerhuis is goed toegerus en gerieflik ingerig. Die hoofslaapkamer bied 'n gemaklike dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n vyfde bed beskikbaar vir 'n kind om op te slaap. Die hoofslaapkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n gedeelde badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Atara Cottage het lugversorging en dit beskik oor 'n kombuis-, sitkamer- en eetkamerarea. Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas en 'n wasmasjien. Daar is ook 'n eetkamertafel in die eetkamerarea met sitplek vir 6 mense. Die sitkamerarea het pragtige meubels en oorspronklike skilderye om 'n mooi Victoriaanse atmosfeer te skep. Daar is ook houtvloere regdeur die huis wat pragtig gerestoureer is.

Die tuin word pragtig onderhou en het 'n braaiplek met betonmeubels waar gaste 'n gesellige aandjie kan geniet of bedags onder die skadubome kan ontspan. Op die beskutte stoep is daar 'n tafel met 6 stoele waar gaste kan kuier of hulle kan in die plonspoel gaan afkoel. Die motorafdak het plek vir 2 voertuie beskikbaar.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Richard M
5.0
Perfect place to break a long drive. Perfect stopover between PE and Cape Town. The house is well appointed on a quiet street and very ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2025
Nina L
Saam met vriende
5.0
Fabulous. Fabulous! Definitely will visit again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Michelle L
Gesin met klein kinders
5.0
Privaat, rustig en perfek vir uitrus! Ons verblyf was fantasties. Die kothuis is gemaklik ingerig en die buitebraai en swembad is 'n absolute bonus! S...
Sien meer
Jan 2024
Wynand D
Saam met lewensmaat
4.8
Ons het lekker gebly en Frans was baie behulpsaam en goed gekommunikeer. Baie netjies, gerieflik en skoon akkommodasie. Rustige atmosfeer.
Jun 2024
Malinda T
4.4
Dit was voldoende vir 'n een nag oorslaap. Die swembadjie is voorwaar 'n aanwins. Gasheer is baie vriendelik en mooi gastehuisie, voldoende vir 'n vin...
Sien meer
Nov 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marius Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 7 Nuwe Street, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Gaste dink Atara Kothuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Nuwe Street, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlmMjVkODc0LWY4ZDktNDkyMS04OWYzLTM3NWVhNjJkMzViNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag, vir 4 mense 11 5 1 5 7 Nuwe Street Calitzdorp 6660 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.531535731721 21.691920608337
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang