- Kapasiteit: 16 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Good Hope-gebou, Donkinstraat, Caledon, 7230, Wes-Kaap
- Vanaf R388 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Athenian Villa verwelkom jou by 'n klein stukkie van die Griekse eilande in die Overberg. Dit is in 'n systraat weg van die hoofstraat af geleë, en hier kan jy sig verloor van die klein dorp Caledon en jouself verbeel jy's in Mykonos of Santorini, so outentiek is die ligging.
Ons bied 9 pragtige gastekamers, elk met 'n toilet en 'n stort. Kamers is ook toegerus met DStv, muurverwarmers en waaiers. Die binnehof is van keisteenklip, toegerank met plante en blomme, wat dit die ideale plek maak vir ontbyt en om te braai. Die gebou se geskiedenis is dat dit die eerste in Caledon was, en die voorkant, wat 'n Nasionale Monument is, kyk uit oor Donkinstraat. Bokant is 'n groot balkon waar jy lui middae kan spandeer met lees of tee-drink.
Ander naby-geriewe sluit 'n gholfbaan, 'n 4x4-baan en vierwielmotorfietsbaan in. Ons is gerieflik geleë naby die casino, en dit is net 20 minute se ry na die kusdorp Hermanus, wat gewild is vir walviskyk.
Athenian Villa bied 'n nuwe eetkamer en veilige parkeerplek onder die grond, konferensiefasiliteite en kan groepe van tot 16 mense akkommodeer. Peter en Carol sal uit hul pad gaan om seker te maak elke gas het onvergeetlike verblyf. Let asb. dat die Athenian Villa 'n stel trappe het wat na die kamers toe lei.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Sean Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 60
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Good Hope-gebou, Donkinstraat, Caledon, 7230, Wes-Kaap
- Gaste dink Athenian Villa het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 16 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Good Hope-gebou, Donkinstraat, Caledon, 7230, Wes-Kaap