LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by ATKV Buffelspoort | LekkeSlaap
+76

ATKV Buffelspoort

  • Kapasiteit: 1792 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R104, Rustenburg, 0284, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R240 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

ATKV Buffelspoort is minder as 80 km se ry van die wêreldbekende Sun City af en bied 'n verskeidenheid selfsorg-verblyf, vermaakgeriewe en doendinge en is dus die ideale vakansieplek vir diegene wat ook die omliggende area wil verken.

Die verblyfopsies bestaan uit rondawels, woonstelle, tenthuise, kampplekke of 'n villa. Die rondawels bestaan uit 'n badkamer en 'n kombuisie. Die woonstelle het 4, 6 of 8 beddens en het ook 'n badkamer, 'n kombuisie en 'n TV. Die tenthuise het 4 beddens en 'n badkamer. Gaste wat in die tenthuise bly het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis indien die tenthuis nie 'n kombuisie het nie. Die villa het lugversorging en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Die kampplekke is op gras, onder bome, of op plaveisel en het opwasgeriewe, ablusiegeriewe, kragpunte en braaigeriewe.

Gaste het toegang tot 'n verskeidenheid geriewe en doendinge by die oord, soos koue en warm binnenshuise- en buite-swembaddens, Jacuzzi's, wipmatte, snoeker- en pooltafels, gholf en putt-putt, ponieritte, vlugbal, muurbal en tennis. Die oord het 'n gelisensieerde restaurant met 'n afdeling vir wegneemetes, 'n sportkroeg, skoonheidsalon, konferensiegeriewe, drankwinkel en 'n winkel vol voorraad. Daar is ook 'n OTM op die perseel.

Plaaslike besienswaardighede in die omliggende area sluit die Hartbeespoortdam, Lesedi Cultural Village, Pilansberg Nasionale Park, Kgaswane Natuurreservaat, Wieg van die Mensdom en die Sterkfonteingrotte in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Skoonheidskliniek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 70 resensies vir ATKV Buffelspoort
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • R104, Rustenburg, 0284, Noordwes
  • Gaste dink ATKV Buffelspoort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R240
per nag (plek vir 6)
Vanaf R240
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 1792 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: R104, Rustenburg, 0284, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkzODQyMmRlLTBjMmEtNDAyNy1iMjRkLWVmNjU2M2FkMGViNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R240  per nag (plek vir 6) 70 5 1 5 R104 Rustenburg 0284 Noordwes 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -25.759221683951 27.486988126221
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!