Illovo Beach Akkommodasie by ATKV Natalia | LekkeSlaap
+104
+104

ATKV Natalia

Oord
  • Vanaf R290 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 1158 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elizabeth-laan 35, Kingsburgh, Winkelspruit, 4145, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

ATKV Natalia bied gerieflike selfsorgverblyf na aan die strand teen KwaZulu-Natal se suidkus. Dit is net 40 km suid van Durban se middestad en net 5 km van Winkelspruit af.

Verblyf word aangebied in 'n verskeidenheid ruim, huislike en gemeubileerde woonstelle wat toegerus is vir selfsorg. Sekere van die woonstelle het see-uitsigte, sommiges het balkonne en hulle het slaapplek vir 2 tot 6 gaste in elk. Al die eenhede beskik oor 'n badkamer met 'n bad en/of stort, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kombuisie en leefarea. Die grondvloer-eenhede het 'n buite-patio met 'n tafel en stoele. Beddegoed en handdoeke word elke vierde aand geruil en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Ander oord-geriewe en -doendinge sluit in: mini-gholf, trampoliens, snoeker, visvang en 'n arkade. Die nabygeleë strand het haainette en lewensredders vir veilige swemgeleenthede.

Die rus en vrede by ATKV Natalia skep die ideale agtergrond vir konferensies en stimulerende spanbou-programme. Die oord bied moderne geriewe vir groepe van tot 400 gaste, ons kan ook spyseniering voorsien.

ATKV Natalia is binne 10 km van Amanzimtoti af en net 70 km van King Shaka Internasionale Lughawe af. Doendinge en besienswaardighede in die omgewing sluit in: perdritte op die strand, dolfynkyk, seiljagvaarte, uShaka Marine World en gholf.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Sekretariële Geriewe
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 30 resensies vir ATKV Natalia
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Elizabeth-laan 35, Kingsburgh, Winkelspruit, 4145, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink ATKV Natalia het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R290
per nag (plek vir 6)

Sien meer verblyf in

Illovo Beach KwaZulu-Natal
Vanaf R290
per nag (plek vir 6)
Vanaf R290
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 1158 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elizabeth-laan 35, Kingsburgh, Winkelspruit, 4145, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMxN2ZjZTEzLWE3ZjAtNGVjNi1hZGEzLTc1MmQwOTkzNTcxYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R290  per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 35 Elizabeth Avenue Kingsburgh 4145 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.121912587219 30.845722190804
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za