Atlantic Bliss
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Drieankerbaaiweg 6, Drieankerbaai, 8005, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Atlantic Bliss is 'n lieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Drieankerbaai, Mouillepunt. Dit is die ideale opsie vir 'n gesin of 'n groep vriende wat die pragtige Moederstad wil verken en naby 'n rits besienswaardighede en doendinge is.
Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elkeen van die slaapkamers het 'n dubbelbed, maar net die hoofslaapkamer het lugversorging en 'n TV. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër beskikbaar. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Gaste kan hul maaltye by die toonbank en 'n etenstafel geniet.
Die leefarea lei na 'n balkon met 'n etenstafel en 'n Weber-braai en is die ideale plek om die uitsigte te bewonder. Hierdie kompleks is oorkant die gewilde Seepunt-promenade waar gaste lekker langs die kus kan wandel.
Slaapplek
’n Bespreking by Atlantic Bliss sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Burger Geverifieer
Eiendomme 37
Resensies 98
Jaar gelys 8
Ligging
- Drieankerbaaiweg 6, Drieankerbaai, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink Atlantic Bliss het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Drieankerbaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Drieankerbaaiweg 6, Drieankerbaai, 8005, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom