Bakboord

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Bakboord is in die Strand net 'n straat van die see af. Dié kusdorp in Valsbaai bied verskeie trekpleisters en doendinge. Die eenheid is ideaal vir 2 gaste en is naby die Hottentots-Hollandberge, 24 km vanaf Stellenbosch en 50 km van Kaapstad af.

Dié ateljeewoonstel is 'n privaat eenheid in 'n hotel en het slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n dubbelbed en 'n kombuisie in die hoofarea. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is basies toegerus met 'n ketel, yskas, mikrogolf, induksiestoof, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n TV met DStv en 'n DVD-speler.

Daar is 2 restaurante en 'n swembad op die perseel. Die hotel is in Kusweg, maar die eenheid het nie 'n see-uitsig nie. Die eenheid het 'n uitsig oor die park en dis beskut teen die wind en die kuspad se geraas.

Die hotel bied 24 uur-sekuriteit. Die eenheid se parkeerplek is in die straat, maar daar is straatligte en geslotekringtelevisie. Kelderparkeerplek kan op versoek teen ekstra koste gereël word.

Slaapplek

'n Bespreking by Bakboord sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bakboord gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 R450 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za