LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Baltimore | LekkeSlaap
+20

Baltimore

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 11 resensies vir Baltimore
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5
Michael D - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Michael D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Veilig, gerieflik met aangename weer.

Baltimore is gerieflik naby die strand geleë. Die huis is sinlik beplan en huisves gemaklik vier persone. Die volgende word aanbeveel om verblyf meer aangenaam te maak: Vervang strykyster en tuimeldroër, verskaf meer pakplek vir negosieware en groente/vrugte, verskaf meer sop/papborde en nageregbakkies, herbou stortbad in badkamer om meer toeganklik te maak, veral vir ouer en gestremde persone. Die besemkas in die kombuis is ietwat wankelrig.

Paul C - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Paul C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker.

Dit was baie lekker, sal dit vir enige iemand aanbeveel.

Micha G - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Micha G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dankie vir 'n skoon en veilige verblyf. Sien julle beslis weer.

Die eenheid is netjies, en baie goed geleë. Sal beslis weer daar gaan bly. Dankie Baltimore.

Cornelia C - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Cornelia C
Gesin met klein kinders

Salige see-naweek.

Baltimore se oopplan-leefarea en ruim kamers is ideaal vir 'n jong gesin. Die uitsig is ongelooflik, met 'n groot stoep om dit te sit en geniet. Dis loopafstand van die strand en so rustig dat kinders lekker in die strate kan fietsry en speel.

Ferdie B - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ferdie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker gewees!

Sou graag nog nader aan die strand wou wees. Verder was alles in orde en verbruikersvriendelik.

Org V - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Org V
Gesin met klein kinders

Die perfekte huis vir 'n familiestrandvakansie!

Baie naby aan die swemstrand. Loopafstand wat fantasties is. Huis is toegerus met alles wat nodig is. Lekker oopplan-leefarea met groot vensters wat uitkyk op die see. Braaiplek is egter agter die huis om dit seker uit die pad van die wind te hou maar daar is 'n Weber vir braai op die stoep op windlose dae. Stort is fantasties! Die feit dat daar geen winkels op Boggomsbaai is nie maak dit vir ons baie aanloklik. 'n Mens kry 'n klein gemeenskap gevoel op Boggomsbaai. 'n Skottelgoedwasser sou lekker gewees het maar is nie essensieel nie. Miskien kan skoonmaakdienste so een of twee keer 'n week as 'n opsionele ekstra aangebied word.

Micha G - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Micha G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en wonderlike verblyf.

Dankie vir 'n heerlike en veilige huis om te gaan rus. Area is baie rustig en goed geleë.

Elaine B - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elaine B
Gesin met tieners

Dit was 'n fantastiese naweek! Heerlike plekkie om in te bly.

Ons was net 'n naweek daar en dit was heeltemal te kort! Ek stel net voor dat gaste hulle eie braairooster en 'n pan om spek en eiers of ontbyt in te maak saamneem en nie enige verwagtinge oor die televisie moet hê nie. Die res van die kombuisgeriewe is 100%. Daar is genoeg van alles. Onthou om lakens en oortreksels vir kussings en duvets te vat. Daar is gelukkig 'n radio wat werk. Ek sal definitief enige tyd weer teruggaan en weer daar gaan bly - net vir 'n langer tyd! Dis pragtig en veilig. Die huis is baie goed geleë en perfek vir 'n LekkeWegbreek!

Pieter L - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter L
Saam met vriende

Baie oulike huisie en baie goed geleë wat perfek aan ons behoeftes voldoen het.

Sien die sterre.

Reinette J - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Reinette J
Gesin met tieners

Totaal ontspannend!

Ons het heerlik gebly. Die uitsig is stunning en die ligging is uitstekend. Die huis is baie goed toegerus. Ongelukkig het die DStv nie gewerk terwyl ons daar was nie. Die eienaar het probeer om dit reg te stel, maar weens die langnaweek kon dit nie gebeur nie. Dit was teleurstellend, aangesien ons dit spesifiek vooraf gereël het. Die braaiplek kort bietjie aandag. Ek stel voor dat die roosters eerder binnenshuis gebêre moet word, aangesien ons baie lank aan die toeknyprooster moes skrop om die roes tot in so mate af te kry, dat ons gemaklik gevoel het om daarop te braai. Andersins was dit 'n wonderlike ervaring. Sal Baltimore met vrymoedigheid aanbeveel vir lekker familie- en ontspantyd.

Jeanne T - Des 2015
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jeanne T
Gesin met klein kinders

Skoon, netjiese verblyf.

Goed toegeruste eenheid baie na aan die strand. Baie lekker, rustige verblyf. Die eenheid was skoon en netjies. Die plek is nie geskik vir klein kinders nie.

was R2 200
Vanaf R1 650
per nag (vir 6 persone)
was R2 200
Vanaf R1 650
per nag (vir 6 persone)
was R2 200
Vanaf R1 650
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 24 Oyster Rylaan, , Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM3NmUxZjhhLTA3MzMtNGQwOC04OTNlLTE3YmJhOWY2ZjFjZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 200, nou Vanaf R1 650  per nag (vir 6 persone) 11 5 1 5 24 Oyster Drive Boggoms Bay 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.265182300119 21.912996279762
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!