Beach Club 207
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-boulevard Oos, Diazstrand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 695 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Beach Club 207 in Diazstrand, Mosselbaai, bied gehalte-verblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby 'n groot winkelsentrum, restaurante, die swemstrand, doendinge en besienswaardighede.
Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Alle vertrekke het vensters aan die noordekant en is dus ideaal, selfs vir 'n wintervakansie. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en-suite badkamer met 'n stort, wasbak, toilet en verhitte handdoekreling. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer is ruim en het 'n bad, instapstort, toilet, wasbak en verhitte handdoekreling.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n dubbelwasbak, glasblad-kookoppervlak, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, Nespresso-koffiemasjien, lugbraaier, koffie- en teemaakgeriewe, breekware, eetgerei en piekniekware om buite by die braai of op die ruim grasperk voor die gebou te gebruik. Geriewe sluit 'n skottelgoedwasser, wasmasjien-tuimeldroër en 'n groot graniettoonbank met sitplek vir 8 gaste in.
Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n groot, platskerm TV-skerm. Daar is gratis WiFi. Daar is ook 'n omsetter wat die TV en rekenaars tydens beurtkrag aan die gang hou.
Die balkon bied 'n onbelemmerde uitsig oor die see vanaf Kleinbrak tot Mosselbaai en het 'n patiotafel, stoele, Weberbraai en wasgoedlyn. Swemhanddoeke word voorsien.
Gaste het gratis toegang tot die hotel se swembad wat teenaan die swemstrand geleë is. Die hotel, waterpretpark, gimnasium, restaurant en seefrontkroeg is op die aangrensende perseel geleë. 'n Kragopwekker voorsien krag aan die hysbak tydens beurtkrag.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Schalk Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Beach-boulevard Oos, Diazstrand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Beach Club 207 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Voorbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-boulevard Oos, Diazstrand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom