Zinkwazi Beach Akkommodasie by BellaVida Ocean Cottage | LekkeSlaap
+11

BellaVida Ocean Cottage

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glen-rylaan 53, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

BellaVida Ocean Cottage is 'n vakansiehuis met selfsorgfasiliteite in Zinkwazi aan KwaZulu-Natal se Noordkus. Hierdie vakansiekothuis is lig, kry baie son en het wye uitsigte oor die eindelose Indiese Oseaan. Dit is ook ideaal geleë, in die middel van Zinkwazi-strand se dorpie, sowat 300 meter van die see af en net 900 m vanaf al die strande.

By BellaVida Ocean Cottage kan 'n mens die see van die meeste van die kamers, die stoep en die tuin af sien. Die huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-leefarea met 2 sitareas en 'n volledig toegeruste kombuis. Al die linne en handdoeke word voorsien, maar onthou asseblief om jou eie swemhanddoeke saam te bring. BellaVida Ocean Cottage het ook 'n 5000 liter watertenk, elektriese gasstoof, gasbraaier, 'n gasbottel en 2 noodligte.

Geriewe: lugversorging in al die slaapkamers, TV met Premium DStv-kanale in die sitarea, 'n skottelgoedwasser en wasgoedgeriewe in die kombuis.
Die luilekker lewe word hier beklemtoon en jy het 'n keuse of jy wil ontspan by die strand of op jou privaat stoep met sy verfrissende swembad.

BellaVida Ocean Cottage verwelkom gaste, kinders asook hulle honde, maar hou asseblief ingedagte dat die erf nie omhein is is nie (net honde wat goed opgelei is word hier toegelaat). Die swembad het 'n veiligheidsnet. Daar is ook geriewe vir gholfspelers en diepseehengel-geleenthede by die skibootklub beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by BellaVida Ocean Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir BellaVida Ocean Cottage
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Glen-rylaan 53, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink BellaVida Ocean Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glen-rylaan 53, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGExNmFhNjczLWI3ZmQtNDNmMi05ZjJmLTFkMWUwOTM1MTZhNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 850  per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 53 Glen Drive Zinkwazi 4480 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-15:00 10:00 -29.287430991512 31.436531590074
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za