Beraccah

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die vakansiehuis beskik oor 3 en suite-kamers. Een van die kamers, die hoofslaapkamer, spog ook met 'n pragtige balkon en sitkamerarea. Daar is lugversorging in die ruim oopplan kombuis en leefkamer, asook DStv. Vir diegene wat meer avontuurlustig is, is daar ook 'n stort en bad buite.

Gaste kan al te lekker buite onder die grasdak lapa sit en na die diere kyk wat rustig verby loop en ons plek besoek. Gaste moet asb. onthou om hul eie hout vir braai, handdoeke en ys te bring.

Beraccah is 'n lieflike selfsorghuis in Marloth Park, wat grens aan die Kruger Wildtuin. Hier kom gereeld diere verby, en gaste sal hier baie lekker ontspan.

Gaste kan fietsry of gaan stap en hulself verlustig aan die wonderlike natuurskoon van die bosveld.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Beraccah gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false