Paarl Akkommodasie by Casa Montana | LekkeSlaap
+28

Casa Montana

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres:  Bergenzicht Country Estate 95, Carolina-weg, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Casa Montana is ’n stylvolle selfsorg-meenthuis in die veilige Bergenzicht Country Estate in Paarl in die hartjie van die wynlande. Dié landgoed is goed geleë, slegs 2 km vanaf Paarl Mall en die snelweë se hoof-afritte. Dié meenthuis het asemrowende uitsigte op die Paarlberge en dit is omring met wingerde en buurplase.

Die sonderlinge meenthuis is nuut en ingerig met alles wat jy sou nodig hê om ’n wonderlike tyd in die pragtige dorp Paarl te verseker. Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed, ingeboude kaste en ’n en suite-badkamer met ’n stort en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Die derde slaapkamer het ’n slaapbank en word as studeerkamer gebruik.Dit het ook ingeboude kaste en ’n donkerhout studeertafel- en stoel. Dié kamer maak dit dus ideaal vir ’n sakereisiger (gratis hoë spoed internet). Die eersgenoemde twee slaapkamers beskik oor lugversorging.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het ’n yskas, wasmasjien-tuimeldroër, skottelgoedwasser, Nespresso-koffiemasjien, en ontbytkroeg met stoele. Die sitarea beskik oor lugversorging en ’n TV met DStv.

Die leefarea is smaakvol gemeubileer het lei na ’n klein werf met ’n ingeboude braai en betonbank. Ekstra stoele is ook beskikbaar. ’n Enkelmotorhuis word voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by Casa Montana sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Casa Montana
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Bergenzicht Country Estate 95, Carolina-weg, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Casa Montana het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf R700
per nag (plek vir 4)
Vanaf R700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres:  Bergenzicht Country Estate 95, Carolina-weg, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAvNfPLYHKbMvICrCnB8fzUFz8RJXmUBV5qMVEtUiks0UlKur6uG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 4) 12 5 1 5 95 Bergenzicht Country Estate Carolina Road 7646 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.748474680022 18.986912439881
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za